Hooglied

Jy’s ‘n asem wegslaan sunset
Oor die Groot Karoo
Jy’s ‘n windpomp langs die pad
Wat in dieper waters glo

Jy’s ‘n monument wat in stilte staan
Tussen vaalbleek winters gras
‘n Dooie klip met ‘n dooie naam
Wat ook eens belangrik was

Ploeg my in jou voere in
Wys my waar het ons pad begin
Wanneer Orion flikker bo Afrika
Sal ek jou fakkel in die donker dra

Sal skuil in jou skadus
Ek sal dans in jou stof
Vir jou sal ek my hooglied sing
En my laaste greintjie lof

God het ‘n duisend gaatjies
In die nag canvas gesteek
Maar net as dit donker is
Skyn Sy lig daar deur

Daardie painting hang mos elke nag
En hou oor die kinders van die suide wag
Bokant mynhope en selfoon torings
Bo bankrot plaase ryk mans wonings

Ploeg my in jou voere in
Wys my waar het ons pad begin
Soos Orion flikker bo Afrika
Sal ek jou fakkel in die donker dra

Ek sal skuil in jou skadus
Ek sal dans in jou stof
Vir jou sal ek my hooglied bring
My laaste greintjie lof

Brand jou lampe in die laatnag
As die weerlig buite slaan
En as ek met my offers
Hier voor Jou altaar staan

Dis hier waar ek my drome droom
My laste in die donker dra
En eenvoudige gebede bid
Vir jou Suid-Afrika

So ploeg my in jou voere in
Wys my waar het ons pad begin
Soos Orion flikker bo Afrika
Sal ek jou fakkel in die donker dra

Ek sal skuil in jou skadus
Ek sal dans in jou stof
Vir jou sal ek my hooglied bring
My laaste greintjie lof

Beliebteste Lieder von Adam Tas

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)