Jantjiekoggelman

Sy naam was Jantjie Koggelman
Groot gemaak in die hande van ‘n arm man
En in die nag as Jantjie droom
Dan droom hy hy vlieg op die hoogste wind se stroom

En as jy vir Jantjie vra
Hoe ver sy vlerke hom moet dra?
Dan sê hy vir jou
So ver so ver so ver soos die vlerke hou

As die weste winde huil
Hoe ver oor die Swartberg se kuil
Daar sien jy vir Jantjie Koggelman
Sy arms vir vlerke verruil

As die weste winde huil
So ver oor die Swartberg se kuil
Daar sien jy vir Jantjie Koggelman
Sy arms vir vlerke verruil

En ken jy vir Ikarus Jantjie Koggelman?
Miskien is hoog vlieg nie die beste plan
Maar hy sê ek moet nie bekommer
Want ek het die Here gevra om vir my te vang

As die weste winde huil
So ver oor die Swartberg se kuil
Daar sien jy vir Jantjie Koggelman
Sy arms vir vlerke verruil

As die weste winde huil
So ver oor die Swartberg se kuil
Daar sien jy vir Jantjie Koggelman
Sy arms vir vlerke verruil

Beliebteste Lieder von Adam Tas

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)