Kampvuur Medley [Live]

Versteek die drome van jou hart
In die skadus van 'n kremetart
En ek hoop Jesus hang wolke teen die blou

En ek stuur vir jou die donderweer
Op 'n visarend se rug meneer
En ek bid dat hy sy pad huistoe onthou

En ek leen vir jou 'n sondaars se gebede
Bid soggens vir hoop en saans vir vrede
En ek worstel met die engel
In die nag se swartste uur
Vra Jesus vir genade
En dat hy vir jou die reën stuur

Jy breek my hart en jou beloftes
Jy kla oor my en jy sien alles wat fout is
Jy soek iets nuuts sê my wat kos dit?
Om alles weer warm te maak wat skielik so koud is

Spyt kom te laat kom te laat
Dit kom om jou seer te maak
O ek wou nog praat toe jy sê dis te laat om 'n plan te maak
O spyt kom te laat kom te laat
As jou hart die waarheid praat
Wat het geword van ons liefde die rede wat ons een maak?

Baby jy gaan my nog mis
As jou kop teen aan jou kussing rus
As jy wonder waar jou koffie is
Dan gaan jy my mis

As jy laat in die aand nog wakker lê
En daar’s niemand om vir jou te sê
Jy is alles wat my hart wil hê
Dan gaan jy my mis

Dis Donderdag op die plaas
En die bure sê ons raas
Maar die Muller seuns hulle is mos kras na die Richelieu in die kas

Die manne sit en hoender braai
En die girls se koppe maak tiekkie draai
Dis toe dat als begin gebeur ag please meneer
Soen my nog ‘n keer

Maar dit is lente op oom Faan se plaas
Dis lente op oom Faan se plaas en die bottel is die baas
Dit is lente op oom Faan se plaas
Dis lente op oom Faan se plaas en almal het ‘n hoofpyn niemand raas

Dis die reuk in jou kleure
Duskant middernag
Dis die manne se stories
Oor die dag se jag

Dis die pitte van die hout
Wat die vlamme lek
Dis my hart se plek

Vergeet van gister
Môre is nog ‘n dag
O saam sal ons huil
En saam sal ons lag

Bring die bokskitaar
Want ‘n man moet sing
Ja ‘n man moet sing

Manne dis ‘n voorreg
Om ‘n hardekool te deel
Al die bloedbroers bymekaar
Waar die vlamme vriendskap seël

Manne dis ‘n voorreg
Om hier vanaand te wees
Onder die bosveld maan
Praat die hardekole saam

Hardekole praat
Manne dis ‘n voorreg
Hardekole praat
O Manne dis ‘n voorreg
Hardekole brand
Manne dis 'n voorreg
Hardekole brand
Onder die bosveld maan
Praat die hardekole saam
Onder die bosveld maan
Daar praat die hardekole saam

Beliebteste Lieder von Adam Tas

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)