Landbouweekblad

My oupa se oupa het hom vir jare lank vertrou
Was ‘n honderd jaar van saamstaan en die oprol van die mou
Hy’t slegs in die Bybel en die Landbouweekblad geglo
Na sy reënmeter oorloop met genade van bo

Hy’t geboer in die nat
Hy kon planne maak vir die droog
Hy’t hom gelees van voor tot agter
Al was dit met net een oog

En hy’t gevra ons moet hom bere
Met die Landbouweekblad aan sy sy
Want hoe anders sou hy die wolprys daar bo in die hemel kry?
Want hoe anders sou hy die wolprys daar bo in die hemel kry?

Hy’t vir ouma ontmoet met ‘n briefie en die opsitkers
Sy’s nou al 40 jaar sy sweetheart met haar knieë onder ‘n hekel kombers
In die voorhuis hang ‘n knipsel jong skaapboer van die jaar
Dit was 1968 en Landbouweekblad was ook daar

Hy’t geboer in die nat hy kon planne maak vir die droog
Hy’t hom gelees van voor tot agter
Al was dit met net een oog

En hy’t gevra ons moet hom bere
Met die Landbouweekblad aan sy sy
Want hoe anders sou hy die wolprys daar bo in die hemel kry?
Want hoe anders sou hy die wolprys daar bo in die hemel kry?

Beliebteste Lieder von Adam Tas

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)