Massey Ferguson

Geboorteplaas die oggend storms
Ek spoeg vanmore hier op die gronds
Want baas en plaas is ewe moeg
Om teen die rowers en homself te swoeg

Rooibruin lê die grond en wag
So gewillig maar tog verkrag
Wat jaar na jaar sy oes moes dra
Vir die honger monde wat vir nog kom vra

Hy is ‘n Massey Ferguson man
Met erfgrond in sy naam
En ‘n duisend morg wat nou leeg sal staan

Hy is ‘n Afrika boer
Sy planne raak nooit op
Hierdie grond is syne dis wat sy hart laat klop
Mmm ja hierdie grond is syne dis wat sy hart laat klop

Familieplaas die oggend storms
Hy’t seer en bitter hier in sy mond
Die niks staan heup hoog en morge blom
Wat maak hy as hul weer soos laasnag kom?

Tussen alles wat stil vergaan
Breek hy homself vir ‘n voortbestaan
Hy’s eendag regop die anderdag plat
More word hierdie grond gevat

Hy is ‘n Massey Ferguson man
Met erfgrond in sy naam
En ‘n duisend morg wat nou leeg sal staan

Hy is ‘n Afrika boer
Sy planne raak nooit op
Hierdie grond is syne dis wat sy hart laat klop
Mmm ja hierdie grond is syne dis wat sy hart laat klop
Hierdie grond is syne dis wat sy hart laat klop

Beliebteste Lieder von Adam Tas

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)