Melk en Heuning Vrou
Die herfs lê roesbruin in jou hare
En die middernag maan het ‘n trourok aan dis net ek en jy wat sonder skadus staan
En soos skimme in die mis normaal wees se laaste trein gaan mis
En die dagbreek het ons onkant gevang
Toe sy rooigloed skielik aan die takke hang teen die voet van die Wintersberg
Word jou rooiwyn hart my herberg
Maar die reën het steeds nie gekom nie
Eens die kaktus wil meer blom nie
Is als dan te vergeefs?
En ek speel aan my ou rankiekie
En sê die Here is nie meer hier nie
Het Hy weg gegaan?
Daar dryf Psalms op die fonteine
Dit is David se mooiste lyne
En Hy praat van jou
My melk en heuning vrou
Kom sing jou hallelujahs nagwag
Tot die dag in stukkies om ons breek
En kom dans jou tango in my lyf se gange met die bloed wat droog word op jou hande
Om goodbye te sê bly maar wreed
En spaar vir my ‘n splinter winter laatmiddag son
En wag vir my op die voorstoep as die herders huis toe kom
En as die wind die sterre doodwaai en die maan die seën dryf
Bou ek my paintings op die canvas van jou lyf
Maar die reën het steeds nie gekom nie
Eens die kaktus wil meer blom nie
Is als dan te vergeefs?
En ek speel aan my ou rankiekie
En sê die Here is nie meer hier nie
Het Hy weg gegaan?
Daar dryf Psalms op die fonteine
Dit is David se mooiste lyne
En Hy praat van jou
My melk en heuning vrou