Te Beautiful vir My

Jy was my rock ‘n roll Gucci jeans ek het jou verlei met jelly beans
Onthou jy daai aand onder die sterre op die plaas?
Jy was die middelste ster van Orion se belt ons het swaar getrek daar was bitter min geld
Maar ek en jy was so verskriklik verlief

Maar ek hoor jou songs op die radio en sien jou gesig op ‘n TV show
En dan verlang ek my so dood na jou
So dood na jou

Ek kon skaars aan jou vat want jy
Was te beautiful vir my
Ja ek kon skaars aan jou vat want jy
Was te beautiful vir my

Ek sou vir jou ‘n ster uit die Melkweg pluk
En saam met wilde daisies in ‘n mandjie sit
Al was dit net ‘n rukkie al was dit net ‘n stukkie van jou

Maar ons kruisies was lank reeds getrek in daai boek
So seker soos die herfs ons met koper groet
Ons kruise word ons kluise wat ons toevou in tyd

Maar ek sal jou weer eendag op die highway sien tussen Bethlehem en Siodien
Cheers vir nou ek sien jou by die boom
O ek sien jou by die boom

Ek kon skaars aan jou vat want jy
Was te beautiful vir my
Ja ek kon skaars aan jou vat want jy
Was te beautiful vir my

Ek kon skaars aan jou vat want jy
Was te beautiful vir my
Ek kon skaars aan jou vat want jy
Was te beautiful vir my

Beliebteste Lieder von Adam Tas

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)