Ek Kom Huis Toe

Dis laat en dis langpad
Nog ‘n show is verby
Die mense slaap lankal
Dis net ek wat vinnig ry

Want ek mis jou arms
Ek mis jou lyfie teen my sy
Jy is my alles
Ek weet jy wag ook vir my

Ek kom huis toe want my hart verlang na jou
Ek kom huis toe om terug te wees by jou
Ek kom huis toe waar die kaggel vure brand vir my en jou
Ek kom huis toe want my hart behoort aan jou

Dis stil op die paaie
Die radio speel ‘n liefdeslied
Ek luister die woorde
‘n Refrein vir jou en my

Want jy is my lewe
Jy is my rede
Jy hou my tevrede
Want my hart behoort aan jou

Ek kom huis toe want my hart verlang na jou
Ek kom huis toe om terug te wees by jou
Ek kom huis toe waar die kaggel vure brand vir my en jou
Ek kom huis toe want my hart behoort aan jou

Want my liefling ek’s nog smoor verlief op jou
Nog ‘n rukkie en ek's amper terug by jou

Ek kom huis toe want my hart verlang na jou
Ek kom huis toe om terug te wees by jou

Ek kom huis toe want my hart verlang na jou
Ek kom huis toe om terug te wees by jou
Ek kom huis toe waar die kaggel vure brand vir my en jou
Ek kom huis toe want my hart behoort aan jou
Ek kom huis toe om terug te wees by jou
Ek kom huis toe want my hart verlang na jou

Beliebteste Lieder von André Schwartz

Andere Künstler von Crooner