Aan Die Einde Van Die Reenboog
Waar's die son van jou lag?
Waar's die blink van jou oë?
Waar is die jy waarin ek kon glo?
Waar's die pols van jou hart?
En die gee van jou hand?
Waar het ek jou verloor?
Aan die einde van die reënboog
Reg geklee in geel en blou
Vol geheime is sy goud pot
Met waarheid oor my en oor jou
Aan die einde van die reënboog
Reg geklee in geel en blou
Vol geheime is sy goud pot
Met waarheid oor my oor jou
Waar's die vors van jou staan?
Waar's die knik van jou ja?
Waar is die droom wat vergete waak?
Hoe verstaan mens alleen
Al die seer die vervreem?
Waar het ek jou verloor?
Aan die einde van die reënboog
Reg geklee in geel en blou
Vol geheime is sy goud pot
Met waarheid oor my en oor jou
Aan die einde van die reënboog
Reg geklee in geel en blou
Vol geheime is sy goud pot
Met waarheid oor my oor jou