Dagbreek

Deur die nag brand kom tog vure
‘n Sterrestel vir donker ure
Stads se neonlig skroei die mure
Brand geheime in vlymskerp ure

Waar ek dwaal bly roep die lewe
Teen die ysland van die verlede
Mantel teen die kul gevare
Daar nog jare van ......

Vir ‘n dagbreek
En ‘n more
Vandag is hier en ek droom

Van ‘n dagbreek
‘n Belofte
Wat hou

In die swartblou van die aarde
Roep my spoor ‘n duisend kaarte
Soek my hart na koers en rigting
Waar’s die lig wat my weer sal tuisbring?

Verre strate van die Melkweg
Skyn ‘n droomvuur wat vir hoop veg
Mantel teen die kul gevare
Daar nog jare van ......

Vir ‘n dagbreek
En ‘n more
Vandag is hier en ek droom

Van ‘n dagbreek
‘n Belofte
Wat hou

Stuur my soos ‘n pyl omhoog
Ek dans op jou helde boog
Son van lewe son van liefde
Laat dit son

Die lewe is my vlerke en die lewe is nou
Altyd van my wat drome wat uitsig behou
Vir ons skyn ‘n middernag son
Van hemels na lig daar waar dagbreek sal kom

Die lewe is my vlerke en die lewe is nou
Alles van my drome wat uitsigte hou
Vir ons skyn ‘n middernag son
Van hemels na lig daar waar dagbreek sal kom

Wissenswertes über das Lied Dagbreek von Anneli Van Rooyen

Auf welchen Alben wurde das Lied “Dagbreek” von Anneli Van Rooyen veröffentlicht?
Anneli Van Rooyen hat das Lied auf den Alben “Neem My Saam” im Jahr 1980 und “Treffers Op Versoek” im Jahr 2009 veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Anneli Van Rooyen

Andere Künstler von Afrikaans