Ken Jy Jouself

Ken jy die somer met sy ambergeel sambrele
Wat jou toevou in die holte van sy hand?
Ken jy die sprokies in die stad van die Kammas
Wat oplaas altyd vir volmaak?

Maar ken jy ook die skadus by die kind wat altyd lag?
En ken jy sy voetseer as hy oor sy nou pad stap?
En ken jy die antwoord in die oë wat vra?
Weet jy wat jy binne jou dra?

Ken jy jouself?
Ken jy jouself?
Wie jy is en wat jy graag wil wees?

Ken jy jouself?
Ken jy jouself?
Wat jy doen en hoe jy graag wil leef?

Ken jy die stiltes wat kreun in laat dag vrede
En jou vashou in die neurie van sy hart?
Ken jy die drome wat ontwaak in liefhê spore
En oopbots in ‘n reënwitbloeisel stad?

Maar ken jy ook die bitter as die mankheid nooit vervaag?
En ken jy die seerkry as die nagte eensaam waak?
En ken jy die antwoord in die oë wat vra?
Weet jy wat jy binne jou dra?

Ken jy jouself?
Ken jy jouself?
Wie jy is en wat jy graag wil wees?

Ken jy jouself?
Ken jy jouself?
Wat jy glo hoe jy voel wat jy dink hoe jy leef ken jy?

Ken jy jouself?
Ken jy jouself?
Wie jy is en wat jy graag wil wees?

Ken jy jouself?
Ken jy jouself?
Wat jy doen en hoe jy graag
Wil leef?

Wissenswertes über das Lied Ken Jy Jouself von Anneli Van Rooyen

Wann wurde das Lied “Ken Jy Jouself” von Anneli Van Rooyen veröffentlicht?
Das Lied Ken Jy Jouself wurde im Jahr 2007, auf dem Album “Ek Lewe” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Anneli Van Rooyen

Andere Künstler von Afrikaans