Kolmanskop

Vier kamer mure stom wag die ure
Vir stemme iewers deur die dag
Huise en balke gevreet deur die valke van tyd
Kraak deur die nag

Versteende wêreld gevou in die duine
Gekwes deur die son en wind
Die pale sal staan eensaam
‘n Brandpunt van glorie verkwyn tot sand in jou hand

Hoor jy nog saans die wals op jou vloer?
Lê klanke verskuil in papier teen jou muur?
Donker die dans van die gety
Wat skyn in maskers wat lag rondom my
Maskers is oral rondom my

My voetstappe waarsku in lig en in skadu
Die lewe hier is verby
Sand paleis weelde
Nou nog net beelde wat skyn in die woestyn

Die son gooi sy lyne op jou paar saam fortuine
Skitter op glas en op skerf
Jou verhoog is ‘n leemte
Kandelare verbeelding jy onthaal slegs die onthou

Hoor jy nog saans die wals op jou vloer?
Lê klanke verskuil in papier teen jou muur?
Donker die dans van die gety
Wat skyn in maskers wat lag rondom my

Hoor jy nog saans die wals op jou vloer?
Lê klanke verskuil in papier teen jou muur?
Donker die dans van die gety
Wat skyn in maskers wat lag rondom my
Maskers is oral rondom my

Wissenswertes über das Lied Kolmanskop von Anneli Van Rooyen

Wann wurde das Lied “Kolmanskop” von Anneli Van Rooyen veröffentlicht?
Das Lied Kolmanskop wurde im Jahr 1988, auf dem Album “Soos ou vriende” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Anneli Van Rooyen

Andere Künstler von Afrikaans