Deur die Reën
Vat my terug na die aande
Van praat tot middernag
Soveel keer misverstande
Waaroor ons nou kan lag
Maak nie saak wat tussen ons twee staan nie
Ons sal nooit laat gaan nie
Want liefde oorwin mos alles
Al het jy niks te sê nie
Ons sal nie gaan lê nie
Tot die lug skoon gemaak is
Deur die reën en die koue
Maak jy my hart weer joune
Deur als baklei
Vir jou en my
Vir n kans om bymekaar te bly
Deur die vuur en die hitte
Kry jy my hart se ritme
Om vas te hou
En te onthou
My lewe is niks sonder jou
Vat ons maar deur elke seisoen
Ons sal dit saam kan doen
Al verloor ek my rigting
Bly jy my ware noord
Jy sal die lig, jy sal die hoop bring
Met net een ware woord
Deur die reën ek die koue
Maak jy my hart weer joune
Deur die vuur en dit hitte
Kry jy my hart se ritme
Deur die reën en die koue
Maak jy my hart weer joune
Deur als baklei
Vir jou en my
Vir n kans om bymekaar te bly
Deur die vuur en die hitte
Kry jy my hart se ritme
Om vas te hou
En te onthou
My lewe is niks sonder jou
Vat ons maar deur elke seisoen
Ons sal dit saam kan doen