Nie meer hier nie
Jou baadjie hang nog by die deur
Jy's nog nie terug nie
Nie terug nie
Het jy dit met 'n rede daar gelos
Dat ek dit moet kry
Nou eers moet kry
Dit maak dit nie beter vir my nie
Net meer seer
Moet ek die goed net hier hou
Ek dink die heeltyd net aan jou
En jy is nie meer hier nie
Ek dink ek gaan dit weggee
Dit herrinner my met elke tree
Aan tye saam met jou
Ons sou vir altyd bymekaar bly
Maar nou's ek alleen
Moet ek dit alles hier hou
Waar ek die heeltyd dink aan jou
Jy is nie meer hier nie
Ek wens ek kan van als vergeet
Maar ek kan nie
Nee ek kan nie
Ek wens ek kan beskryf hoe ek jou mis
Maar ek wil nie
Nee ek wil nie
As ek alles vergeet
Beteken dit ek moet jou ook laat gaan
Maar ek hoop jy weet
Jy sal vir altyd in my hart bly staan