Song Vir Jou

GEORIC LOMAS, JOHAN VORSTER

Was in ‘n bakleiery met jou
Waarom kan ek nie onthou?
Ek het jou hart verloor in ‘n see vol mense
Ek hoop die golwe spoel jou uit daar waar ek wag vir jou

Ek droom van ‘n eiland net met my en jou
Ons kan maak net wat ons wil
Ons gee nie om nie

Ek het jou gesien jy staan by hom
My woorde weg en ek was stom
Jy’t gesê jy’t net gesels maar ek kon sien dis soveel meer
Toe skryf ek hierdie net vir jou

Ek droom van ‘n eiland net met my en jou
Ons kan maak net wat ons wil
Ons gee nie om nie

Ek soek niks maar net die waarheid
En ek soek dit daar by jou
Jy’t gesê ek sal jou altyd kan vertrou

Kan jy onthou?
Kan jy onthou?
Kan jy onthou?

Ek droom van ‘n eiland net met my en jou
Ons kan maak net wat ons wil
Ons gee nie om nie

Ek droom van ‘n eiland net met my en jou
Ons kan maak net wat ons wil
Ons gee nie om nie
Ons gee nie om nie

Beliebteste Lieder von Georic Lomas

Andere Künstler von Dance pop