10 Jaar

Dis amazing wat alles in tien jaar kan gebeur
Hoeveel branders oor die spierwit strande spoel?
Hoeveel paaie nuut gebou is hoeveel shopping malls ontpop?
Hoeveel kinders het hul ouerhuis verlaat?

En die son beloof om elke dag oor die pot blou see te groet
En die berge staan soos tempels in die lug
En die mensdom is elke dag op soek na wie weet wat
En my hart gereed om êrens heen te vlug

Dis amazing wat alles in tien jaar kan gebeur
Hoeveel mense het in hierdie tyd gesterf?
Hoeveel sielle is gelukkig?
Hoeveel kinders het leer loop?
Hoeveel harte is in hierdie tyd gestroop?

Hoeveel hande het geval en hoeveel paadjies het geskei?
Hoeveel liedjies is geskryf vir jou en my?
En almal leef vir eendag as die geluk na ons toe draai
Maar vandag is dalk die laaste dag vir my

Dis amazing wat alles in tien jaar kan gebeur
Hoeveel bloed het al gevloei in hierdie land?
Hoeveel mense emigreer maar hoeveel mense kom weer tuis?
Hoeveel keer al deur die mooiste Kaap gereis?

En die mensdom is elke dag op reis na wie weet waar
En my hart gereed om êrens heen te vlug
En almal leef vir eendag as die geluk na ons toe draai
Maar vandag is dalk die laaste dag vir my
So hiedie dag moet altyd by my bly
Hierdie dag moet altyd by my bly

Wissenswertes über das Lied 10 Jaar von Jak de Priester

Wann wurde das Lied “10 Jaar” von Jak de Priester veröffentlicht?
Das Lied 10 Jaar wurde im Jahr 2013, auf dem Album “N1 Van My Hart” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Jak de Priester

Andere Künstler von Afrikaans