Mija Se Sterretjies
Kyk hoe daardie son oor die berge verdwyn
Liewe Jesus het dit als gemaak
Hy maak ons hartjies rein
Kyk hoe groet die sterretjies
Diep in die nag
Kyk hoe daardie maan in die donker vir ons lag
Skyn al die sterretjies
Skyn oor my
Miskien as ek gaan slaap
Sal die lig by my kom bly
Skyn liewe maanlig
Skyn oor ons land
Dan sien ek in my drome weer die see se spierwit sand
Dan sien ek in my drome weer die see se spierwit sand
Kyk hoe daardie maan in die
Donker nag beweeg
More sal die son weer skyn
En die daglig aan ons kleef
Kyk hoe mooi is die Suiderkruis
En die Melkweg om ons heen
Kyk hoe Liewe Jesus ons
Met naglig almal seën
Skyn al die sterretjies
Skyn oor my
Miskien as ek gaan slaap
Sal die lig by my kom bly
Skyn liewe maanlig
Skyn oor ons land
Dan sien ek in my drome weer die see se spierwit sand
Dan sien ek in my drome weer die see se spierwit sand
Skyn al die sterretjies
Skyn oor my
Miskien as ek gaan slaap
Sal die lig by my kom bly
Skyn liewe maanlig
Skyn oor ons land
Dan sien ek in my drome weer die see se spierwit sand
Dan sien ek in my drome weer die see
Se spierwit sand