Ballade Van ’n Mynwerker

Ek kom van vryheid in Natal
Ek werk hier in die myn
Die droogte het ons plaas gebreek
Ek kon nie langer bly
Ek leer hier vir my ambag
Miskien gaan ek eendag weer boer
Tel die ure, doen oortyd
En die vakbond sal mos na my kyk

Ek werk in skofte dag na dag
Maar eenkeer 'n maand breek ek weg
Dis Vrydagaand en die naweek lê voor
Net 'n sak vol kontant en ek's reg
My klere is koel, kam my hare perfek
Lyk skerp soos 'n skeermeslem
As ek buite toe stap is die heilige nag
Vol beloftes om later te ken

En kyk daar eenkant onder die boom
Chroom blink gevaarlik sag
Vuur perde krag bloedrooi geverf
Masjien in 'n cowboy se droom
En onder daai staal klop 'n hart van goud
' n enjin wat net een verstaan
Sestienklep oopmaak
En al wat sy vra
Asseblief vat my ver hiervandaan

En buite die dorp loop die grootpad verby
Ons gaan ons wiele laat sing op die teer
Radio hard en die venters wyd oop
Gaan ons soek na die hart van die stad
Die neon- engel vir seker en wag
Spreek 'n seënbede uit oor elke dief van die
Nag
En veterane van oorlog stroom in
Veterane van oorlog stap weg
Veterane van oorlog
Wonder waarheen, waarheen…

"Jy eindig op met 'n vuur in die hart
Die onrustigheid diep binnekant
Jy leef en jy leer om alles te gee
Vir die kans om net eenkeer te leef
Die kans om net eenkeer te leef"

Beliebteste Lieder von Johannes Kerkorrel

Andere Künstler von Pop rock