Hoor Hoe Raas Die Stilte

Bly net stil
Hou jou mond vir ewig toe
Word gesê maar wys my hoe?
Mens net stilbly
Met als om ons verkeerd

Bly ek stil
Hou geheime teen my wil
As ek alles sou onthul
Sal ek vry wees
En die vrese in my stil?

Ek wil dit skree wil dit skree wil dit aanhou skree
Ek wil dit gil wil dit gil ja die hele spul
Hoor hoe raas die stilte
Hoor hoe raas die stilte

Ek wil dit skree wil dit skree wil dit aanhou skree
Ek wil dit gil wil dit gil maak dit geen verskil
Hoor hoe raas die stilte
Hoor hoe raas die stilte

Vasgekeer
Raak die stilte in my seer
Wat ek meer as ooit verleer
Is die waarheid
Van wat in my gebeur?

Hoeveel keer
Sal ek glo dat jy berou?
En vir 'n laaste keer vashou
Aan beloftes
Wat ek lank nie meer vertrou

Ek wil dit skree wil dit skree wil dit aanhou skree
Ek wil dit gil wil dit gil ja die hele spul
Hoor hoe raas die stilte
Hoor hoe raas die stilte

Ek wil dit skree wil dit skree wil dit aanhou skree
Ek wil dit gil wil dit gil maak dit geen verskil
Hoor hoe raas die stilte
Hoor hoe raas die stilte

As ek sou skree
Sal jy my hoor?
As ek sou sê
Sal ek vrede hê?

As ek sou skree
Sal jy my hoor?
As ek sou sê
Sou ek vrede hê?

Ek wil dit skree wil dit skree wil dit aanhou skree
Ek wil dit gil wil dit gil ja die hele spul
Hoor hoe raas die stilte
Hoor hoe raas die stilte

Ek wil dit skree wil dit skree wil dit aanhou skree
Ek wil dit gil wil dit gil maak dit geen verskil
Hoor hoe raas die stilte
Hoor hoe raas die stilte

Wissenswertes über das Lied Hoor Hoe Raas Die Stilte von Karlien Van Jaarsveld

Wann wurde das Lied “Hoor Hoe Raas Die Stilte” von Karlien Van Jaarsveld veröffentlicht?
Das Lied Hoor Hoe Raas Die Stilte wurde im Jahr 2013, auf dem Album “Uitklophou” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Karlien Van Jaarsveld

Andere Künstler von Pop rock