Lewe Vir Liefde

Wat laat jou bly wat laat jou glo wat laat jou hoop dis liefde?
Was jy al bang alles laat gaan het jy al jou hart verloor?
Sonder om te dink sonder vrees sonder keer sonder als wat seermaak kan jy
Net weer in die liefde glo?

En weer vertrou weer onthou van ‘n sprokiesliefde
Vas te kan dans drome te bou en weer lag al sou
Alles ons vaal en die mense ons kom wys op swart en wit hoe liefde
Al sy kleure verloor

Want ons lewe vir liefde
Of jy oud is of jonk is alleen of in pyn
Almal soek na daai vrede
Waar jy alles kan deel en steeds veilig kan voel

Almal soek na daai een mens
Wat jou hart in die diepste van donker bewaar
Die een wat jou spore in die fynste detail sonder woorde beskryf

Liefde verstaan liefde is hoop liefde maak kragte tot niks
Hoop dat jy weet liefde vergeet al die seer tot nou
Voel jy alleen weet daar’s meer weet daar’s iemand wat jou hart sal verstaan
Een in ‘n miljoen wat bly staan

Want ons lewe vir liefde
Of jy oud is of jonk is alleen of in pyn
Almal soek na daai vrede
Waar jy alles kan deel en steeds veilig kan voel

Almal soek na daai een mens
Wat jou hart in die diepste van donker bewaar
Die een wat jou spore in die fynste detail sonder woorde beskryf

Wat laat jou bly na die liefde vir jou veelkeer seermaak
Wat laat jou weer bly na die liefde jou heelmaak
En al los ons alles daardie vuur se vlamme in die as verdwyn

Want ons lewe vir liefde
Of jy oud is of jonk is alleen of in pyn
Almal soek na daai vrede
Waar jy alles kan deel en steeds veilig kan voel

Almal soek na daai een mens
Wat jou hart in die diepste van donker bewaar
Die een wat jou spore in die fynste detail sonder woorde beskryf (Sonder woorde beskryf)
Die een wat jou spore in die fynste detail sonder woorde beskryf

Wissenswertes über das Lied Lewe Vir Liefde von Karlien Van Jaarsveld

Wann wurde das Lied “Lewe Vir Liefde” von Karlien Van Jaarsveld veröffentlicht?
Das Lied Lewe Vir Liefde wurde im Jahr 2015, auf dem Album “My Hartjie” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Karlien Van Jaarsveld

Andere Künstler von Pop rock