Atlantis In Jou Lyf

ANDRE LE ROUX DU TOIT

Op 'n reis deur die woestyn verdwyn ons trane in die sand
Op 'n gravel-pad na die see soek ek die unicorn se strand
Daars 'n roos in elke doring en 'n leuen in elke feeverhaal
Hierdie oomblikke van waarheid glim soos neon deur my taal

Ek weet jy's hier iewers in die klei van Afrikaans
Maar ek ken nog nie jou naam nie
Jy sing waar die flaminke dans
Jy's die voodoo wat my vashou
Jy's die vloek wat my laat skryf
Die Sahara's in jou oë en Atlantis in jou lyf

Ek sien die buitelyne van jou skip
Ek lees jou kaart so dof
Jy's 'n ruïne tussen klip, 'n rivierbedding vol stof
Ek grawe kaalhand in die grond op soek na woorde en witblits
Maar vader tyd se uurglas sak soos 'n deurkosyn in Luderitz

Al volg ek jou ligspieëlings deur die rotsblokke van smart
Val die reën steeds oor my pyn en is dit winter in my hart
Jy's die voodoo wat my vashou
Jy's die vloek wat my laat skryf
Die Sahara's in jou oë en Atlantis in jou lyf

Op 'n reis deur die woestyn verdwyn ons trane in die mis
Ons verruil ons laaste pyn vir wilde liefde op die ware kus
Ek volg jou spore deur riviere
Waar droeë geraamtes lag
My drome flikker soos die vure van oases in die nag

Ek weet jy's hier iewers in die klei van Afrikaans
Maar ek ken nog nie jou naam nie
Jy sing waar die flaminke dans
Jy's die voodoo wat my vashou
Jy's die vloek wat my laat skryf
Die Sahara's in jou oë en Atlantis in jou lyf

Wissenswertes über das Lied Atlantis In Jou Lyf von Koos Kombuis

Auf welchen Alben wurde das Lied “Atlantis In Jou Lyf” von Koos Kombuis veröffentlicht?
Koos Kombuis hat das Lied auf den Alben “Madiba Bay” im Jahr 1997, “Mona Lisa: Die Mooiste Love Songs” im Jahr 1999 und “Koos Kombuis” im Jahr 2009 veröffentlicht.
Wer hat das Lied “Atlantis In Jou Lyf” von Koos Kombuis komponiert?
Das Lied “Atlantis In Jou Lyf” von Koos Kombuis wurde von ANDRE LE ROUX DU TOIT komponiert.

Beliebteste Lieder von Koos Kombuis

Andere Künstler von