Die Laaste Dag Van Die Fees

ANDRE LE ROUX DU TOIT

Die strate is leeg en verlore
Die gedruis van die skares is stil
Maar luide applous van gehore opgeklink het is alles nou kil

Soos die weerklank van gister se woorde
En die eggo's van laas nag se pyn
Wat nog huiwer in donker lokale en weerkaats in suur glaas wyn

Nagelaat op die muurtjies van stoepe
Langs die half afgeskeurde plakkate
Wat adverteer van vergete konserte
Of die titels van CD's en plate wat nie meer te koop is vandag nie

Want dis die dorp waar niemand meer lag nie
Dis die nuus wat niemand meer lees
Dis die tyd van ontruiming, die uur van vertrek
Dis die laaste dag van die fees

Die rock festival is uitgewoed
Die paviljoen is stil
Die advertensie van die diva is bevrore in 'n gil

Die week se braaivleis vure het gestol tot kole en as
Die akteurs en die aktrises het hulle makeup afgewas

'n Toerbus staan daar en runnik
Sy tasse is almal gelaai
Die bestuurder verpoos nog 'n oomblik
Om deur die Sondag koerante te blaai

In die kleedkamer van die teater
Lê 'n verdoeiende karakter se skoen
Dit behoort aan 'n skone verleidster
En het iets met intrige te doen
Was dit vals, was dit Hamlet of dalk net Aspoester
Was dit die droom van die prinses om die padda te soen?

Was die mense verbyser, was die critici stom
Was daar 'n traan op die drup, was die blare van die blom
Was dit Afrisenties, of bleek Europees
Niemand stel meer belang nie, niemand wil vra nie
Niemand sal ooit weer die brosjure wil lees
Of enigsens nuuskierig oor die einde wil wees
Op die laaste dag van die fees

Op die laaste dag van die fees

Al die koeksisters is klaar geëet
Kaartjies is verkoop (Al die kaartjies is verkoop)
Die tente by die vlooimark is teen 4 uur al gesloop
Die digters is al see toe, die sound desks uitgeplug
Een toneelstuk het 'n prys gekry, die ander was maar kak

Het die kerkklok geslaan?
Is jou masker al af?
Is dit 'n hond wat ek iewers in 'n systraat hoor blaf?

Is die bure laas huis toe, is die hotelle gereed
Vir die volgende gaste met hulle Louis Vuitton taste
Wat niks van die krit of die kunste wil weet
En met oë verskuil agter grille of brille, catch of the day op die spyskaart lees
Al is die wildspastei klaar en die skaapboud gedaan
Op die laaste dag van die fees

Op die laaste dag van die fees

Oudshoorn het leeg geloop
Die parties is al oor
Die pers vere in parking lot is 'n eensaam net 'n metafoor

Van nou af is die aande sonder tutus en geraas
Die lugballon vlieg huis toe om stadig af te blaas
Maar ek onthou jou nog soos gister, jou hello en goodbye
In die tuin van Langenhoven het jy jou oë na my gedraai

Jy't aangehaal uit Breyten, toe jy op die hangbrug se swaai
Ek het gedink ek is verlief op jou, maar wie sou ooit kon raai
Toe die kunstefees verby is was ons wild oats klaar gesaai
Toe die kunstefees verby is was ons wild oats klaar gesaai

Oudshoorn goodbye
Oudshoorn goodbye
Oudshoorn goodbye

Wissenswertes über das Lied Die Laaste Dag Van Die Fees von Koos Kombuis

Wann wurde das Lied “Die Laaste Dag Van Die Fees” von Koos Kombuis veröffentlicht?
Das Lied Die Laaste Dag Van Die Fees wurde im Jahr 2009, auf dem Album “Koos Kombuis” veröffentlicht.
Wer hat das Lied “Die Laaste Dag Van Die Fees” von Koos Kombuis komponiert?
Das Lied “Die Laaste Dag Van Die Fees” von Koos Kombuis wurde von ANDRE LE ROUX DU TOIT komponiert.

Beliebteste Lieder von Koos Kombuis

Andere Künstler von