Tuisbly-Kitaar

Saans op die stoep speel ek my tuisbly-kitaar
Glas wyn op die tafel, die son sak al laer
Snags in my kooi hoor ek liedjies so mooi
Wit, blou en rooi, niemand anders genooi

En soms wil ek speel vir honderde mense
But dan kom daar tye met deure en grense

En dan wil ek alleen wees
En dan wil ek net een wees
En dan wil ek geseënd wees
Nie op reis in die reën wees nie

Iewers daar buite is daar fans wat nog wag
Maar ek sit hier binne en tokkel net sag
Die highway kan seer maak, vliegtuie skud
Tot ek elders gaan kuier as ek net hier kan bid

Ek soek nie my huil in die plekke daar ver
Saans op die stoep is ek my eie popster

En nou wil ek alleen wees
En nou wil ek net een wees
En nou wil ek geseën wees
Nie op reis in die reën wees nie

Nie op reis in die reën wees nie

Wissenswertes über das Lied Tuisbly-Kitaar von Koos Kombuis

Wann wurde das Lied “Tuisbly-Kitaar” von Koos Kombuis veröffentlicht?
Das Lied Tuisbly-Kitaar wurde im Jahr 2017, auf dem Album “Langpad Na Lekkersing” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Koos Kombuis

Andere Künstler von