Bloubergstrand se Sonsak
Dink jy aan my as jy so in die aande ry verby daai plek waar ek en jy
Ons eerste dans gedans het?
Want ek dink aan jou wanneer ek kyk na hoe die Bloubergstrand se sonsak weer my oë laat traan
Ek skryf al weer 'n briefie
Ek stuur dit vir my liefie
Maar sy antwoord my nie terug nie
Is daar iets wat ek nie weet nie?
Nie eers 'n SMS nie
Of poskaart in 'n bus nie
Miskien verbeel ek my maar
Is daar iets wat ek nie weet nie?
Hoop sy't nie van my vergeet nie
Dink jy aan my as jy so in die aande ry verby daai plek waar ek en jy
Ons eerste dans gedans het?
Want ek dink aan jou wanneer ek kyk na hoe die Bloubergstrand se sonsak weer my oë laat traan
My epos permanent aan
Terroriseer die posman
Sodra hy my sien wag dan
Hardloop hy die naaste boom uit
Miskien's sy in 'n oerwoud
Op see of dalk die Kongo
Ek's baie seker dit is
Hoekom sy nie vir my terug skryf
So môre koop ek maar a posduif
Dink jy aan my as jy so in die aande ry verby daai plek waar ek en jy
Ons eerste dans gedans het?
Want ek dink aan jou wanneer ek kyk na hoe die Bloubergstrand se sonsak weer my oë laat traan
Hoekom doen jy dit aan my?
Dis as of jy lekker kry
Hoekom doen jy dit aan my?
Dis as of jy lekker kry
Hoekom doen jy dit aan my?
Dis as of jy lekker kry
Hoekom doen jy dit aan my?
Ek kan nie op hou wonder