Dieselfde
Wat het geword van pen en papier
Foto’s ontwikkel en hang teen die muur?
Wat het geword van vingerbord speel
Kos aan die tafel en lang stories deel?
Kinders in bome
En boontjies en strome
Waar het dit als heen gegaan?
Ouma’s se vetkoek en nickerballs kou
Kan jy dit nog onthou?
Ons braai nogsteeds op dieselfde vuur en dieselfde maansak
Dieselfde uur
Ons deel nog dieselfde lag en ons sien steeds uit na
'n Nuwe dag
Gister word tog vandag
Harte word nogsteeds sag
En dit is wat more bring
Ons deel nog dieselfde hoop en ons droom
Ons droom dieselfde droom
Wat het geword van praat met mekaar
Sonder ‘n selfoon of skootrekenaar?
Wat het geword van skinner by my?
Nou’s dit op Facebook waar almal baklei
Wegkruipertjie en ‘n stukkende knie
En ‘n soen wat dit beter sal maak?
Oupa se stories aan my en aan jou
Kan jy dit nog onthou?
Ons braai nogsteeds op dieselfde vuur en dieselfde maansak
Dieselfde uur
Ons deel nog dieselfde lag en ons sien steeds uit na
'n Nuwe dag
Gister word tog vandag
Harte word nogsteeds sag
En dit is wat more bring
Ons deel nog dieselfde hoop en ons droom
Ons droom dieselfde droom
Dieselfde liefde wat ons weg kan gee
En kan kry en kan deel deel
Dieselfde mooi wat mooier raak vir my
En mooi bly nog altyd mooi vir my