Ewige Liefde

As ek na die verlede kyk
Gebroke liefde en ek is so spyt
Die lewe hier rondom my
Gaan langs hierdie paadjie so gou verby

Jy het 'n deel van my weggeneem
Waarheen nou ek is so alleen
Ek voel nie reg om voort te gaan
Maar weet ook nou dat jy by my sal staan

Ek wil my arms so graag om jou vou
So stewig vashou kan jy dit nog onthou?
Al die verlore dae is daarmee heen
Waarheen nou ek is so alleen

Hier in my hart verlore in smart
Ja ek glo en glo
Waar is die liefde nou jy't nooit vergeet
My woorde bly steeds
Want jy stuur dit vir my
Ek gaan jou eendag kry

Hier in my hart verlore in smart
Ja ek glo in jou
Dis die liefde wat wou
Ons hier bymekaar hou
Wat maak ek nou?

Eendag sal ek aan jou bewys
Dat ons paadjies
Nie nog eenkeer gaan kruis

Ons liefde weer bymekaar
Sal ons hierdie liefde weer ervaar?
Ja my hart sal jou nie verlaat
Waarheen nou?
Is dit dalk te laat?

Hier in my hart verlore in smart
Ja ek glo in jou
Waar is die liefde nou moet net nooit vergeet
My woorde bly steeds
Dat jy's die een vir my
Ek gaan jou eendag kry

Hier in my hart verlore in smart
Ja ek glo in jou
Dis die liefde wat wou
Ons hier bymekaar hou
Wat maak ek nou?

Mag jou vreugde in liefde jou bind
Mekaar lief hĂȘ en tog weer vind
In my hart sal ek steeds voortgaan
En jy sal verstaan

Hier in my hart verlore in smart
Ja ek glo in jou
Waar is die liefde nou moet net nooit vergeet
My woorde bly steeds
Dat jy's die een vir my
Ek gaan jou eendag kry

Hier in my hart verlore in smart
Ja ek glo in jou
Waar is die leifde nou moet net nooit vergeet
My woorde bly steeds
Dat jy's die een vir my
Ek gaan jou eendag kry

Hier in my hart
Hier in my hart
Hier in my hart

Beliebteste Lieder von Kurt Darren

Andere Künstler von