Gravitasie Manipulasie
Weer en weer en weer en weer en weer
Gravitasie manipulasie
Ek was ‘n dorrestroom in ‘n groot oop veld
Tussen gedroogte gras
'n Verlore speld
Toe kom jy
Toe kom jy by my verby
Ek was die laaste lag van ‘n lekker tyd
As die gordyne val het ek gesit en kyk
Toe kom jy
Toe kom jy by my verby
Jy’t my voete onder my uitgevee ek kon my val nie keer
Al was dit seer die gravitasie manipuleer
Weer en weer en weer en weer en weer ek val vir jou
Weer en weer en weer en weer en weer
Gravitasie manipulasie
Jou lag jou mond jou lyf
Jou lag jou mond jou lyf
Ek val vir jou
Jy was die reënseisoen
Waarna ek so dors jy was die laaste stuk
Ek het jou gekort nou’s jy deel van my
Vir altyd ‘n deel van my
Jy’t my voete onder my uitgevee ek kon my val nie keer
Al was dit seer die gravitasie manipuleer
Weer en weer en weer en weer en weer ek val vir jou
Weer en weer en weer en weer en weer
Gravitasie manipulasie
Jou lag jou mond jou lyf
Jou lag jou mond jou lyf
Ek val vir jou
Ek stop en val
Jy sit en kyk
Kyk hoe lyk 'n hart wat na jou uitreik
Met jou mond op my lippe en lag in my ore
Jou lyf styf teen myne
Weer en weer en weer en weer en weer ek val vir jou
Weer en weer en weer en weer en weer
Gravitasie manipulasie
Jou lag jou mond jou lyf
Jou lag jou mond jou lyf
Ek val vir jou
Ek val vir jou