'n Lied vir Jou
'n Donker uur
'n Koue aand
Gedagtes draai om jou
Kan liefde ooit
Verlore raak
'n Oomblik van onthou?
Jy’t my hart in jou wêreld verloor
As jy my net kon hoor
Hoe kan ek lewe sonder liefde?
Hoe kan ek lewe net vir nou? (Lewe net vir nou)
Ek sien jou in my drome
En ek sing my lied vir jou
Waar is jy nou? (Waar is jy nou)
Waar is jou hart heen
Is daar ‘n kans dat jy onthou? (Kans dat jy onthou)
Ek sien jou in my drome
En ek sing my lied vir jou
Stap nou saam
Kom vat my hart
Laat jou hart jou lei
Help my deur
Die eensaamheid
Met jou hier aan my sy
Jy’t my hart in jou wêreld verloor
As jy my net kon hoor
Hoe kan ek lewe sonder liefde?
Hoe kan ek lewe net vir nou? (Lewe net vir nou)
Ek sien jou in my drome
En ek sing my lied vir jou
Waar is jy nou? (Waar is jy nou)
Waar is jou hart heen
Is daar ‘n kans dat jy onthou? (Kans dat jy onthou)
Ek soek jou in my drome
En ek sing my lied vir jou
Ja ek weet jy soek jou plek in die son
Maar staan jy nou in die reën
En 'n ander dalk jou hart bevry
Al staan jy nou
Staan jy nou alleen
Hoe kan ek lewe sonder liefde?
Hoe kan ek lewe net vir nou? (Lewe net vir jou)
Ek soek jou in my drome
En ek sing my lied vir jou
Hoe kan ek lewe sonder liefde?
Hoe kan ek lewe net vir nou? (Lewe net vir jou)
Ek sien jou in my drome
En ek sing my lied vir jou
Waar is jy nou? (Waar is jy nou)
Waar is jou hart heen
Is daar ‘n kans dat jy onthou? (Kans dat jy onthou)
Ek sien jou in my drome
En ek sing my lied vir jou
Hoe kan ek lewe sonder liefde?
Hoe kan ek lewe net vir nou? (Lewe net vir jou)
Ek sien jou in my drome
Ek sing ‘n lied vir jou
Ek sien jou in my drome
En ek sing my lied vir jou