Sprokies Medley

Klein Karoo
Vêre land van verlaatenheid
Klein Karoo
Waar die Swartberge troon
In die Klein Karoo het jy steeds nog na my verlang
Ek kom terug na jou by jou wil ek altyd woon

Klein Karoo
Dis waar ek jou liefde vind
Elke aand stap ons hand aan hand
Saam met jou kan ek van die toekoms droom
In die Klein Karoo wil ek met jou woon

Sien jy die aandblom staan die sekelmaan
Die waasigheid wat dit ontvou?
So is my heimwee saans na jou
Daarom kom ek terug na jou

Klein Karoo
Vêre land van verlaatenheid
Klein Karoo
Waar die Swartberge troon
In die Klein Karoo het jy altyd na my verlang
Ek is weer terug by jou by jou wil ek altyd woon

Was ek maar 'n digter sou ek dalk kon beskryf
Wat jy aan my doen en hoe ek oor jou voel
In gewone taal mag dit klink asof ek oordryf
As ek probeer hoop ek jy sal verstaan wat ek bedoel

Ek sal jou lief hê tot die hane ophou kraai
En tot die leeu en die lam bymekaar gaan lê
Tot daar stilte oor die aarde kom en die wind nie langer waai
Tot daar gras aan die hemelruim groei sal ek jou lief hê

Totdat al die woorde van my tong verdwyn
Tot die hoop beskaam en die son nie meer wil skyn
Tot die berge wegsink in die see en vir ewig daar bly lê
Dis hoe lank my liefling ek jou sal lief hê
Dis hoe lank my liefling ek jou sal lief hê

Dankie vir hierdie skone more
Dankie vir hierdie nuwe dag
Dankie dat U oor my gewaak het deur die donker nag

Dankie vir al die goeie vriende
Dankie vir elke boom en blom
Dankie vir al die seëninge wat na my toe kom

Dankie vir elke kinderlaggie
Dankie vir elke sonnestraal
Dankie dat ek my weg terugvind waar ek ookal dwaal

Dankie vir vlaktes en vir berge
Dankie vir elke silwer stroom
Dankie vir al ons ideale elke goue droom

Dankie vir hierdie skone more
Dankie vir hierdie nuwe dag
Dankie dat U oor my gewaak het deur die donker nag

Anderkant die Dwyka lê die Moordenaars Karoo
Dis 'n wêreld wat nog rou is
Wat 'n mens nog in kan glo, die paaie hier loop reguit
En die mense wat hier woon ken die hitte van die somer
Weet hoe reën jou kan beloon

Al ry jy dalk net hier verby daar's iets wat in jou agterbly
En maak dat jy vir altyd hier kan bly
Ja die kring om die maan word nog more se wind
As jy jou hart verloor in die Karoo sal jy hom vind

Want waar jy ookal gaan dra jy die wêreld met jou saam
Ja die wind oor die Karoo was die kring om die maan

Ooh ja die kring om die maan was nog more se wind
As jy jou hart verloor in die Karoo sal jy hom vind
Want waar jy ookal gaan dra jy die wêreld met jou saam
Ja die wind oor die Karoo was die kring om die maan

As die reën van stof en roet verby is
En die rook verdwyn
Sal daar in die sterrelose hemel
'n Neonboog verskyn?

En kyk maar goed want as jy hom vind
Vertel ek vir jou
'n Sprokie my kind
Van 'n skatkis met ou kettings gebind
Aan die neonboog se punt

Volg hom elke nag oor swart riviere
Oor kranse van beton
As jy aanhou stap tienduisend ure
Sal jy dalk daar kom

Maar hier moet jy jou nimmer laat bind
Want so lei die ou ou sprokie my kind
As jy geluk en vrede wil vind
Soek die neonboog se punt

Volg hom elke nag oor swart riviere
Kyk nie een maal om
En kyk nie een maal om

Beliebteste Lieder von Kurt Darren

Andere Künstler von