Ek is Lus vir Jou

Jy swaai jou lyfie vir my
Jy terg, jy wil my verlei
Maar my kop is nog seer want ek verloor elke keer, ek dra my hart op my mou

Soek jy rerig vir my?
Sê my hoe lank gaan jy bly?
Ag verskoon my juffrou ek hou te baie van jou, kom dans 'n bietjie met my

Ek is lus vir jou
Om jou vas te hou
Kom word my lewe, my hele lewe, ek soek jou by my

Ek is lus vir jou
Om jou vas te hou
Ek's moeg gespeel want jy't my hart gesteel
Jy kan my maar kry as jy ook lus is vir my

Jy's soos 'n engel van bo
Jy't my in liefde laat glo
En in jou heupies so mooi en jou lippies so rooi, my hart is aan die brand

Voel jy dieselfde oor my?
Gaan jy dalk langer hier bly?
Oe ja hier gaan ek al weer, ek kan myself net nie keer, jy het my hart weggesteel

Ek is lus vir jou
Om jou vas te hou
Kom word my lewe, my hele lewe, ek soek jou by my

Ek is lus vir jou
Om jou vas te hou
Ek's moeg gespeel want jy't my hart gesteel
Jy kan my maar kry as jy ook lus is vir my

Jy maak my mal, jy's in my drome
My hele lewe was deurmekaar
Sê net vir my dat jy my lief het (Jy my lief het)
Want ek's verlore (Ek's verlore)
Ek's mal oor jou (Mal oor jou)

Ek is lus vir jou
Om jou vas te hou
Kom word my lewe, my hele lewe, ek soek jou by my

Ek is lus vir jou
Om jou vas te hou
Ek's moeg gespeel want jy't my hart gesteel
Jy kan my maar kry as jy ook lus is vir my

Beliebteste Lieder von Pieter Koen

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)