Brakke van Turfontein Keurspel

Daar’s ‘n hele spul brakke in Turffontein
Daar’s ‘n hele spul brakke van groot tot klein
Daar is rooies en daar's bontes daar is alles wat ‘n hond is
‘n Hele spul brakke in Turffontein

Net soos ek hier slaap
En drome my toe sak
Blaf daar weer hier voor my deur so waarlik weer ‘n brak

Nou as daardie spul brakke my rus verstoor
Gaan ek hul so wragtag die lot vermoor
Daardie rooies daardie bontes ja alles wat ‘n hond is
Daar’s ‘n hele spul brakke in Turffontein

O net soos ek hier slaap

Jou bruinoog nooi jou donkerkop
Jou pannekoek jou lollipop
Jou toetsietoet jou sonnestraal vir jou kom ek nog haal

Jou suikerriet jou witbeskuit
Jou meubelstroop jou moskonfyt
Jou heuningneus jou vleispastei vir jou gaan ek nog kry

Hasie hoekom is jou stert so kort?
Hasie hoekom is jou stert so kort?
Hasie hoekom is jou stert so kort?
O wat het van jou stertjie geword?

Jou appeltert jou mielieblaar
Jou tortelduif jou koringaar
Jou sak vol goud jou diamant my hart is aan die brand

Jou dadelpit jou suikerbos
Jou soet patat jou curriekos
Jou lekker ding jou hartedief vir jou het ek so lief

Hasie hoekom is jou stert so kort?
Hasie hoekom is jou stert so kort?
Hasie hoekom is jou stert so kort?
O wat het van jou stertjie geword?

Jou spinnekop jou akkedis
Jou sprinkaanvoël jou koue vis
Jou bitterwyn jou prikkelaar ek slaan jou inmekaar

Jou pikswart slang jou suurlemoen
Jou heksekind jou skerpioen
Jou krokedil jou wilde hen jou liefde wil ek wen

Hasie hoekom is jou stert so kort?
Hasie hoekom is jou stert so kort?
Hasie hoekom is jou stert so kort
O wat het van jou stertjie geword?

Daar kom die Alibama die Alibama die kom oor die see
Daar kom die Alibama die Alibama die kom oor die see

Nooi nooi die rietkooi nooi die rietkooi is gemaak
Die rietkooi is vir my gemaak om daarop te slaap
Nooi nooi die rietkooi nooi die rietkooi is gemaak
Die rietkooi is vir my gemaak om daarop te slaap

Die alibama die alibama, die alibama kom oor die see
Oe die alibama die alibama, die alibama kom oor die see

Beliebteste Lieder von Pieter Smith

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)