Dis Waarvoor Vriende Daar Is

Al het jy die maan en die sterre, al het jy die wind
Al het jy al die planete gevang in ‘n blik
Al het jy ‘n duisend woorde om iemand te wen
Wie gaan jou trane afdroog, wie sal jou beter as ek ken?

Dis waarvoor vriende daar is
‘n Skouer waarop jy kan leen
Dis waarvoor vriende daar is
‘n Skuiling vir jou teen die reën

Maar as die donker oor jou kom draai
Augustus se winde oor jou kom waai
Weet dis by my waar jou hart kan rus
Dis waarvoor vriende daar is

Al het jy die blou op die berge, die see in ‘n glas
Al het jy jou wildste drome gepak in ‘n tas
Al het jou gedagtes jou strande van pêrels verdwaal
Wie is jou lig in die donker, wie gaan jou optel as jy val?

Dis waarvoor vriende daar is
‘n Skouer waarop jy kan leen
Dis waarvoor vriende daar is
‘n Skuiling vir jou teen die reën

Maar as die donker oor jou kom draai
Augustus se winde oor jou kom waai
Weet dis by my waar jou hart kan rus
Dis waarvoor vriende daar is

Al kan jy op die boog van die reënboog gly
Oor wêrelde op die suid-ooster ry
Die aanloop van tyd in jou hande neem
Sonder ‘n anker is jy alleen

Dis waarvoor vriende daar is
Dis waarvoor vriende daar is

Dis waarvoor vriende daar is
‘n Skouer waarop jy kan leen
Dis waarvoor vriende daar is
‘n Skuiling vir jou teen die reën

Maar as die donker oor jou kom draai
Augustus se winde oor jou kom waai
Weet dis by my waar jou hart kan rus
Dis waarvoor vriende daar is
Dis waarvoor vriende daar is
Dis waarvoor vriende daar is
Dis waarvoor vriende daar is

Beliebteste Lieder von Pieter Smith

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)