Ek Onthou Vir Jou
Die son knip sy oog waar die dou op die vroeë more rus
Die dag begin leef waar ‘n straal probeer breek deur die mis
En êrens is daar nog ‘n wolk wat baklei teen die blou
En tussen die blou en die wolk en die dou mis ek jou
Die son het al lankal sy lig vir die more geleen
Maar diep binne my sien ek weer haar gesig in die reën
Die more se roep het die storm in my laat bedaar
Maar êrens daar tussen die storm en reën mis ek haar
Ek onthou vir jou as die son in die blou
Ek onthou vir jou in die reën
Ek onthou vir jou as ‘n boom in die dou sy skadu oor my kom leen
Ek onthou vir jou as die son in die blou
Ek onthou vir jou met ‘n traan
Want êrens tussen die son en hier het ek jou verloor in die maan
Ons woorde van gister verdwyn soos die maan in die mis
Ons leë beloftes en drome het lankal gaan rus
Die reënboog se kleure staan op as die storm bedaar
En êrens daar tussen die storm en maan sien ek haar
Ek onthou vir jou as die son in die blou
Ek onthou vir jou in die reën
Ek onthou vir jou as ‘n boom in die dou sy skadu oor my kom leen
Ek onthou vir jou as die son in die blou
Ek onthou vir jou met ‘n traan
Want êrens tussen die son en hier het ek jou verloor in die maan
En oe as die more dou onthou ek vir jou (Ek vir jou)
En oe as jou oë in my kom lê
En hoe as die more dou onthou ek vir jou (Ek vir jou)
Onthou ek jou
Onthou ek vir jou
Gedagtes van winter het ons in die skemer laat bly
Maar lente se kleure bring weer haar gesig terug na my
Die somer wat kwyn en die herfs deur die blare laat gly
En êrens diep in die seisoene se draaie is sy
Ek onthou vir jou as die son in die blou
Ek onthou vir jou in die reën
Ek onthou vir jou as ‘n boom in die dou sy skadu oor my kom leen
Ek onthou vir jou as die son in die blou
Ek onthou vir jou met ‘n traan
Want êrens tussen die son en hier het ek jou verloor in die maan
Want êrens tussen die son en hier het ek jou verloor in die maan
Verloor in die maan