Onvergeetlike Ses Medley

My hartjie my liefie die son sak weg
Die son sak weg, die son sak weg
My hartjie my liefie die son sak weg
Daar anderkant die Blouberge

En ek wil ek wil ek wil na my nooientjie gaan vry
Sy is so mooi en so liefies vir my
En ek wil ek wil ek wil na my nooientjie gaan vry
Daar anderkant die Blouberge

My hartjie my liefie die maan kom op
Die maan kom op, die maan kom op
My hartjie my liefie die maan kom op
Daar anderkant die Blouberge

En ek wil ek wil ek wil na my nooientjie gaan vry
Sy is so mooi en so liefies vir my
En ek wil ek wil ek wil na my nooientjie gaan vry
Daar anderkant die Blouberge

Oe en ek sê wie maak vir Gansbaai lekker?
Wie maak vir Gansbaai lekker?
Wie maak ja wie, wie maak ja wie
Wie maak vir Gansbaai lekker?

En ek sê wie maak vir Gansbaai lekker?
Wie maak vir Gansbaai lekker?
Wie maak ja wie, wie maak ja wie
O wie maak vir Gansbaai lekker?

Vat jou goed en trek Ferreira, vat jou goed en trek
Agter die rand is ‘n klompie perde vat jou goed en trek
Swaar dra al aan die een kant
Swaar dra al aan die een kant
Swaar dra al aan die een kant
Vat jou goed en trek

Swaar dra al aan die een kant
Swaar dra al aan die een kant
Swaar dra al aan die een kant
Vat jou goed en trek

Emma koelema sê maar vir jou grandma
Emma wil ‘n baby hê
Ja Emma koelema sê maar vir jou grandma
Emma wil ‘n baby hê

Die baby is gebore ja sonder kop of tone
Emma wil ‘n baby hê
Emma koelema sê maar vir jou grandma
Emma wil ‘n baby hê

Ma sê pa sê trou is ‘n lekker ding
Trou is ‘n lekker ding
Trou is ‘n lekker ding
Ma sê pa sê trou is ‘n lekker ding
Trou is ‘n lekker ding

O en as ek huis toe gaan daar word ek vreeslik bang as jy my wil slaan met jou bloemer aan
'n Sigaret wat in jou mond so hang
En jou beenhare wat deur jou kouse staan

Ma sê pa sê trou is ‘n lekker ding
Trou is ‘n lekker ding
Trou is ‘n lekker ding
Ma sê pa sê trou is ‘n lekker ding
Ja trou is ‘n lekker ding

Daar is ‘n land by die see wat my alles kan gee en dis ‘n land wat vreugde bring
Bo van die berge tot in die vallei, dis die wêreld net vir my
Dis my land, my land, die Boland vir my, dis die land waar ek liefde kry
Dis my land, my land, hier wil ek bly, gee die Boland net vir my
Net vir my

Dis my land, my land, die Boland vir my, dis die land waar ek liefde kry
Dis my land, my land, hier wil ek bly, gee die Boland net vir my
O net vir my (Net vir my)

Beliebteste Lieder von Pieter Smith

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)