Op Die Eerste Een

Maandag se koffie is so bitter soos gal
Dinsdag se traffic het my duskant mal
Woensdag is erger as 'n warm flat bier
En Donderdag maak almal op die job my suur

Maar een ding is vir seker waarop ek nie kan wag
Breek daai ketting om my yskas want more is dit Vrydag (Op die eerste een)

As dit die see vol lê (Op die eerste een)
Wie wil dan water hê?
Brandewyn en wingerdstok, o, laat my staan
Want ekke wil nou huis toe gaan (Op die eerste een)

As dit die see vol lê (Op die eerste een)
Wie wil dan water hê?
Brandewyn en wingerdstok, oe laat my staan
Want ekke wil nou huis toe gaan

Oomie in die noord-wes sit sy ketel en streel
Na elke meesterstukkie sê hy vat so keel
Student op die tafel met twee liter bier in
Skreeu vir 'n liedjie wat hy saam kan sing

Langs die kroeg staan 'n outjie hy's 'n bielie van 'n looi en na elke slukkie wyn raak gedroggie vir hom mooier (Op die eerste een)

As dit die see vol lê (Op die eerste een)
Wie wil dan water hê?
Brandewyn en wingerdstok, oe, laat my staan
Want ekke wil nou huis toe gaan (Op die eerste een)

As dit die see vol lê (Op die eerste een)
Wie wil dan water hê?
Brandewyn en wingerdstok, oe, laat my staan
Want ekke wil nou huis toe gaan

As die soetste wyn uit die vaalte van die Boland aan die brandewyn
Uit die vaalte van die Boland in jou kraan hom bly
Sê my wie wil dan wie
Sê my wil wil dan water hê? (Op die eerste een)

As dit die see vol lê (Op die eerste een)
Wie wil dan water hê?
Brandewyn en wingerdstok, oe, laat my staan
Want ekke wil nou huis toe gaan (Op die eerste een)

As dit die see vol lê (Op die eerste een)
Wie wil dan water hê?
Brandewyn en wingerdstok, oe, laat my staan
Want ekke wil nou huis toe gaan
Brandewyn en wingerdstok, o, laat my staan
Want ekke wil nou huis toe, ja ekke wil nou huis toe
Ekke wil nou huis toe gaan

Beliebteste Lieder von Pieter Smith

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)