Sal Ek Daar Wees
Diep binne my is daar êrens ‘n kaggel wat brand
Diep binne my lê daar twee rye spoor in die sand
Diep binne my is ‘n kluis waar ons woorde kan bly
En êrens diep in my gedagtes se gange is jy
As jy weer deur die skadus dwaal
Sal ek daar wees
Van die woestyn tot die oseaan
Sal ek daar wees
Sal ek, sal ek daar wees
Êrens in my lê gedagtes versteek in 'n kas
Êrens in my lê beloftes van tye wat was
Êrens in my lê daar woorde wat nooit kan vergaan
En diep binne my lê die spore van een wat verstaan
As jy weer deur die skadus dwaal
Sal ek daar wees
Van die woestyn tot die oseaan sal ek daar wees
Sal ek, sal ek daar wees
Maak nog ‘n plek vir die skemer en somer
Maak nog ‘n plek vir die hoof van ‘n dromer
Maak nog ‘n plek diep in jou waar my woorde kan bly
Jy is vir my soos die reën in Desember
‘n Somer seisoen in my winter kalender
‘n Warm belofte wat my in die koue kom haal (Koue kom haal)
Maar as jy weer deur die skadus dwaal
Sal ek daar wees
Van die woestyn tot die oseaan sal ek daar wees
As jy weer deur die skadus dwaal
Sal ek daar wees
Van die woestyn tot die oseaan sal ek daar wees
Sal ek, sal ek daar wees
Sal ek daar wees