St Lucia

Die lobo het vroeg uitgevaar om die storm see te tem
Al was die water hoog vandag het hy elke golf gewen
Vissersbote op die blou as die more mis verdwyn
Teen die eindelose see voel jou wildste drome klein

Om net ‘n mens te wees maak hier nog saak
As die arm man's kombers oor jou toemaak

St Lucia
St Lucia
Oral waar ek heen mag gaan hoor ek net jou naam St Lucia
St Lucia
Dalk eendag sien ek vir jou weer daar

Uitgestrekte strande lê soos woestyne teen aan die blou
As die sand eers aan jou raak bly dit altyd deel van jou
Voor die dag se skadus draai staan die lyne styf in die meer
Al was die somer laat vanjaar het dit vroeg hier begin reën

Om net ‘n mens te wees maak hier nog saak
As die arm man's kombers oor jou toemaak

St Lucia
St Lucia
Oral waar ek heen mag gaan hoor ek net jou naam St Lucia
St Lucia
Dalk eendag sien ek vir jou weer daar

Hierdie wêreld wat rus aan die noordelike kus sal vir altyd deel van my bly
As jy weer kom stap deur my drome sal ons weer saam oor die golwe kan gly
En eendag as jou spore dalk op St Lucia verdwaal
Sal jy verstaan
Sal jy verstaan (Sal jy verstaan)

St Lucia
St Lucia
Oral waar ek heen mag gaan hoor ek net jou naam St Lucia
St Lucia
Dalk eendag sien ek vir jou weer daar
Dalk eendag sien ek vir jou weer daar
Dalk eendag ons twee weer St Lucia

Beliebteste Lieder von Pieter Smith

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)