Waar Ek Mag Gaan

Vanoggend het gister my weer kom haal
Die hele dag jou in my kop laat dwaal
Jou woorde beloftes, gesigte, die hele verhaal

Ek wonder soms of ek die pad kan vat?
Want dan sal jy ver agterbly in die stad
En ver sal kan ry tot die horison jou agterlaat

Maar ek weet oral waar ek mag gaan
Bly jy in my hart (Jy in my hart)
Oral waar ek mag wees
Bly jy in my hart (Jy in my hart)

Alles in my dra ‘n deel van jou
Dit wat ek weet, dit wat ek onthou
Jy is in alles wat ek in my lewe aan bou

Dalk sal ek eendag ‘n plek kan kry
Waar alles van jou ver kan agterbly
Ja daar waar ek iewers sal lees op my sal kan skyn

Maar ek weet oral waar ek mag gaan
Bly jy in my hart (Jy in my hart)
Oral waar ek mag wees
Bly jy in my hart (Jy in my hart)

Oral waar ek mag wees
Bly jy in my hart (Jy in my hart)
Bly jy in my hart

Iets in jou oë het vir my geleer
Om somtyds die drang diep in my te keer
Maar gee my die rede om eendag weer te probeer

Ek wonder nog soms wat die rede was?
Oe wat het die mooi in ons aangetas?
Is daar ‘n rede of was dit maar net so bedoel?

Maar ek weet oral waar ek mag gaan
Bly jy in my hart (Jy in my hart)
Oral waar ek mag wees
Bly jy in my hart (Jy in my hart)

Oral waar ek mag gaan
Bly jy in my hart (Jy in my hart)

Beliebteste Lieder von Pieter Smith

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)