Tussen woorde [Duet]

Wat my hart vir jou wil sê
Het in die stiltes tussen woorde gaan lê

Hier lê die woorde, hier lê die drome
Hier lê die strale van die son waarin ek is
Soveel liefde om te gee soos die branders van die see
Wat van al my drome wees

Hier lê die spore, hier lê die name
Hier lê die harte wat my woorde verder dra
En my hart wil dankie sê dat ek hierdie droom kan hê
Soveel meer as wat ek vra

Tussen woorde lê daar soveel dankbare ure
Tussen woorde vlieg my drome reg deur die mure
En ek weet ek is niks sonder jou
Wat saam my drome bou en wie my vashou

In jou oë is die rede dat ek sing in die duister
As jy lag kan ek hoor hoe al die engele fluister
Wat my hart vir jou wil sê
Het in die stiltes tussen woorde gaan lê

Hier lê die ligte, hier lê die sterre
Hier lê die ritme wat my verder lei
Wat ek hoor en wat ek sien hoe kan ek dit ooit verdien?
Hierdie wonderwerk vir my

Hier lê die saam wees, hier lê die liedjies
Hier lê die hande wat my hart se snare raak
En my siel wil sing vir jou en my hart wil jou omvou
Jy't my lewe laat ontwaak

Tussen woorde lê daar soveel dankbare ure
Tussen woorde vlieg my drome reg deur die mure
En ek weet ek is niks sonder jou
Wat saam my drome bou en wie my vashou

In jou oë is die rede dat ek sing in die duister
As jy lag kan ek hoor hoe al die engele fluister
Wat my hart vir jou wil sê
Het in die stiltes tussen woorde gaan lê

Wat my hart vir jou wil sê
Het in die stiltes tussen woorde gaan lê (Gaan lê)
Tussen woorde gaan lê

Beliebteste Lieder von Rudi Claase

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)