Woordeloos

RUDI CLAASE

Ek staan in die donker ek voel jou lyf teen my vou
Die laaste jare sonder jou was hel
Gegiet in die groewe van my hart en my siel
Die draai en die drentel van 'n draaiende wiel

Ek hoor jou in die middel van die donker
In die middel van die nag hoor ek jou
Daar is lig hier in my
Wat jou diep in my hart vas wil hou

Ek sien jou as die maan hier huil
As ek kom sal ek hom kom vertroos
In die middel van die donker
Los jy my woordeloos

My hart is skerwe ek kan nie sonder jou bestaan
My siel tot sterwe en ek sal gaan waar jy gaan
Ek weet nie meer nie want jou foon hou aan lui
Maar in die sterre bo my skyn jou siel hier in my

Ek hoor jou in die middel van die donker
In die middel van die nag hoor ek jou
Daar is lig hier in my
Wat jou diep in my hart vas wil hou

Ek sien jou as die maan hier huil
As ek kom sal ek hom kom vertroos
In die middel van die donker
Los jy my woordeloos

Ek sal nie hier alleen wil leef nie
Kan jy my nou nie net vergeef nie?
Al is dit donker om jou skyn jou son

En ek hoor jou in die middel van die donker
In die middel van die nag hoor ek jou
In die middel van die donker
Los jy my woordeloos

Beliebteste Lieder von Rudi Claase

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)