Net Vir Jou

Neffens jou, word my denke soms gebede
Neffens jou, is my liefde bloot 'n wete
Naby jou gaan haal ek soms my vrede
Neffens jou, naby jou

Langsaan jou kom anker ek my drome
En langsaan jou waak my engele geboör
Dig by jou sprei my ligtoring sy kleure
Rondom jou tot binne jou

Net vir jou, skryf ek hierdie woorde
Net vir jou kom bemeer ek die akkoorde
Net vir jou sing ek hierdie liedjie net oor jou
Net vir jou, net vir jou

Neffens jou word my wysheid edelsteene
Neffens jou glim lig deur donkerskeure
Naby jou is Sy goedheid my beskore
Neffens jou, naby jou

Teenaan jou kom anker ek my drome
Teenaan jou waak my engele geboör
Dig by jou sprei my ligtoring sy kleure
Rondom jou, tot binne jou

Net vir jou, skryf ek hierdie woorde
Net vir jou kom bemeer ek die akkoorde
Net vir jou dra ek my eenvoud liedjie op aan jou
Net aan jou, net vir jou
Neffens jou

Beliebteste Lieder von Sonja Herholdt

Andere Künstler von Afrikaans