Ons Vlieg Saam

Waar ek al was moet jy nog wees
Wat ek vergeet moet jy nog lees
Wat ek al sien sal jy nog sien
En ek en jy is buitendien soos die vlerke van 'n arend

In Ma se spore klop my hart
Al maak die lewe ook nie sin
Die nag van angs het ek gewen omdat ma my so goed ken
En ons saam weer kan besin

Ons vlieg saam, saam, saam deur hierdie reis wat ons elk moet vind
Dis 'n lewensreis van 'n honderd duisend vrae wat ons harte sal bind
Saam, saam, saam deur hierdie wêreld se vuur, deur genade gestuur
Want ons paaie loop saam en op vlerke geleer, vlieg ons saam

Wat ek verstaan is nog jou vrae
Waar ek kan nee sê sê jy ja
Wat ek laat gaan moet jy nog kry
Waar ek stil word word jy bly in die sirkel van ons saam wees

Soms laat die wêreld my so broos
Dis wanneer Ma se woorde troos
Want daar is iets in my en jou wat vir ewig sal onthou
Dat geen mens ons sal kan skei

Ons vlieg saam, saam, saam deur hierdie reis wat ons elk moet vind
Dis 'n lewensreis van 'n honderd duisend vrae wat ons harte sal bind
Saam, saam, saam deur hierdie wêreld se vuur, deur genade gestuur
Want ons paaie loop saam en op vlerke geleer, vlieg ons saam

Saam, saam, saam deur hierdie wêreld se vuur, deur genade gestuur
Want ons paaie loop saam en op vlerke geleer, vlieg ons saam
Want ons paaie loop saam en op vlerke geleer, vlieg ons saam

Beliebteste Lieder von Sonja Herholdt

Andere Künstler von Afrikaans