Roep Die Waarheid

Ek sien kinders wat sterf van die honger
Ek sien boemelaars slaap voor salonne
Ek sien dwelms en pyn ek sien straat onder kwyn
Ek sien hoe almal saam sit en wonder hoe het ons hier beland?

Ek sien grafte word meer oor die maande
Ek sien woorde verander in trane
Ek sien moorde en seer ek sien boere wat keer ek sien kinders wat gil in die aande
Hoe het ons hier beland?
Ons kyk hoe als af brand

Roep die waarheid elke taal
Leuenaars sal soos druppels val
Hou jou waardes gee jou hart
Vir jou trots, jou huis jou land

Ek sien rasse geweld oral om my
Ek sien leiers wat ons om die bos lei
Ek sien mense wat loop ek sien ander wat hoop van die trane waarin ons onself kry
Hoe het ons hier beland?

Ek sien hulle floreer op korupsie
Ek misgis al die waarheid met fiksie
Ek sien stories wat kom ek sien banke gebom ek sien hoe ons dit als sien as niks nie
Hoe het ons hier beland?
Ons kyk hoe als af brand

Roep die waarheid elke taal
Leuenaars sal soos druppels val
Hou jou waardes gee jou hart
Vir jou trots, jou huis, jou land

Gaan die toekoms ons blameer vir ons voute?
Gaan ons vrede maak in die koue?
Is daar hoop vir elke liewe een, elke liewe een?

Gaan die toekoms ons blameer vir ons voute?
Gaan ons vrede maak in die koue?
Is daar hoop vir elke liewe een?

Roep die waarheid elke taal
Leuenaars sal soos druppels val
Hou jou waardes gee jou hart
Vir jou trots, jou huis, jou land

Roep die waarheid elke taal
Leuenaars sal soos druppels val
Hou jou waardes gee jou hart
Vir jou trots, jou huis, jou land
Vir jou trots, jou huis, jou land

Beliebteste Lieder von Touch Of Class

Andere Künstler von Afrikaans