Ek Sal Wag

Deur riviere loop ek, loop ek vir jou
Daar is geen berg of dal wat my van jou af kan weghou
Geen winde te sterk, ek weet dit
Ek wil jou hê

Daar is geen nagte, donker, ek ken die pad
Ek sal my hart volg wat my tot by jou sal vat
En as die branders breek
Kry my hart vlerke

En ek sal wag, ek sal wag, ek sal wag
Totdat ek die woorde kan sê
Tot die storm bedaar en al die sterre vir ons
In lyn gaan lê

Ja ek sal wag, ek sal wag, ek sal wag
Vir seker maar versigtig
En al voel jou hart verniel
Gee ek vir jou my hart en siel
Ek sal wag
Vir jou sal ek wag

Ek weet die seer van gister maak jou soms blind
En dit is mooilik om na die val jou voete te vind
En om die mure wat sterk maak
Veilig om jou te bou

Maar ek kan sien die tyd kom nader, ek weet
Ek sal jou vashou, jou van die seer laat vergeet
Ek sal by jou bly staan totdat jy weet
Ek's hier om te bly

En ek sal wag, ek sal wag, ek sal wag
Totdat ek die woorde kan sê
Tot die storm bedaar en al die sterre vir ons
In lyn gaan lê

Ja ek sal wag, ek sal wag, ek sal wag
Vir seker maar versigtig
En al voel jou hart verniel
Gee ek vir jou my hart en siel
Ek sal wag

Ek het my hart verloor en
Ek kies jou oor en oor
Ek wil nêrens anders wees
As naby jou nie

Die liefde wag geduldig
In jou sien ek 'n lig
Wat helder skyn

En ek sal wag, ek sal wag, ek sal wag
Totdat ek die woorde kan sê
Tot die storm bedaar en al die sterre vir ons
In lyn gaan lê

Ja ek sal wag, ek sal wag, ek sal wag
Vir seker maar versigtig
En al voel jou hart verniel
Gee ek vir jou my hart en siel
Ek sal wag
Vir jou sal ek wag
Ek sal wag
Vir jou sal ek wag

Beliebteste Lieder von André Schwartz

Andere Künstler von Crooner