Groet Nou
In die waarheid van jou oë
Paradyse vol van blou
As ek net maar weer kon droom
Is dit hoe ek jou onthou
In die teerheid van 'n woord
Kom ek altyd lafnis vind
Die dag toe ek jou verstoot
Het 'n nar gewink
Groet nou die einde
Welkom die pyn en hartseer
Daar is geen hoop meer oor nie
Die klug is oor, alles leeg
Groet nou die einde
Naregrys nou vir oulaas
Ligte gaan dood en ek is
Nogsteeds alleen
Ek verlang nou na jou beurt
En jou soene teer en sag
Elkeen het my hart gesteel
Soos musiek se soet geklank
Daar's 'n skadu oor my daar
Mis jou soene teer en sag
Iewers hoor ek kekkel lag
Gekke wink vir my
Groet nou die einde
Welkom die pyn en hartseer
Daar is geen hoop meer oor nie
Die klug is oop, alles leeg
Groet nou die einde
Naregrys nou vir oulaas
Ligte gaan dood en ek is
Nogsteeds alleen