Lied Van Die Lug
Verouderd is die tyd wat teer herinnere bring
Die ure sloer so traag en langsaam verby
My hart lê oop onder ‘n wydgestrekte lug
En ek groet die wind wat oor die vlaktes waai
Ons mense smag ook na ‘n skoon en mooier tyd
Die jongman wil terug na die wysheid van die veld
Die filosoof neem ‘n ploegskaar in die hand
Die soldaat pluk die blomme op die land
Ja ek sing van die hemel, die veld en die lug
So lank soos daar liefde bestaan
Vir jou sal ek sing, ja vir jou en vir jou
Wense van liefde is hoop
Ja ek sing van die hemel, die veld en die lug
Die lied van die wêreld moet klink
Verdryf al die sorge, die pyn en die haat
Saam sal ons vrede maak
Hoe bros ons lewens soos antieke perkament
Die narre skerts, ons wil ons eie land regeer
Die bouers bou ‘n stad wat brokkel in die wind
En ons drome lê verpletterd om ons heen
Die honger kunstenaar probeer sy wroeging laaf
Die lewe bly maar net ‘n duister dobbelspel
Die doemprofete bal hul vuiste kwaad verblind
Vir die voëls wat so vry hul sang laat klink
Ja ek sing van die hemel, die veld en die lug
So lank soos daar liefde bestaan
Vir jou sal ek sing, ja vir jou en vir jou
Wense van liefde is hoop
Ja ek sing van die hemel, die veld en die lug
Die lied van die wêreld moet klink
Verdryf al die sorge, die pyn en die haat
Saam sal ons vrede maak
Daar is ‘n droom in my wat helder uit wil blom
Ek voel die hoop ontvlam wat nooit nooit weer sal lê
Hand aan hand gaan ons die helder toekoms in
Na die lug, na die see, na die son