Liewe Kleinding

Liewe kleinding, jy speel nou op die grasperk
Maar later moet jy stryd voel, jy alleen
Jy sal nog leer die lewe's nie so maklik
'n Rukwind wat jou waai soms heen en weer

Liewe kleinding daar is wel goeie mense
Maar slegtes is daar ook, en lastes waar
Jy moet maar reg maak dat die lewe jou ontnugter
Maar die bou jou weerstand sterker jaar na jaar

Die lewe gaan verby
Jy is so selde veilig en nog minder vry
Maar as jy tog verstandig na die mensdom kyk
Dan sal jy gelukkig bly

Want die lewe is so kort
En alles lyk so anders as jy ouer word
Jy speel nou nog met blokke maar dit duur nie lank
Ek is jammer, maar jy bly nie klein

Liewe kleinding op skool al neem jy kennis
Dat alles draai om syfers en om mag
Soos die lewe, 'n les wat jy moet in neem
Want so begin elke lewensdag

Liewe kleinding, as jy dan later groot word
Dan is jou vader hier miskien nie meer
Vertel dan al jou eie kinders
Die wyse lesse van jou ouers weer

Die lewe haas verby
Jy is so selde veilig en nog minder vry
Maar as jy tog verstandig na die mensdom kyk
Dan sal jy gelukkig bly

Want die lewe is so kort
En alles lyk so anders as jy ouer word
Jy speel nou nog met blokke maar dit duur nie lank
Ek is jammer, maar jy bly nie klein

Liewe kleinding

Beliebteste Lieder von André Schwartz

Andere Künstler von Crooner