Velde Van Verlange

Die aanbieder op CNN vertel sy storie luid
By sy spoghuis in Washington oor lemoensap met ontbyt
Hy wag vir nog ‘n toekenning oor die oorlog in Kaboel
Spits vondig was dit uitgebeeld, brekend en met gevoel

En 'n moeder sien weer wat sy graag wil vergeet
En ‘n moeder huil weer want sy weet dit sal weer en weer gebeur

Dra my deur die velde van verlange
Vind ‘n pad tussen spervuur deur
Volg die klank van tortelduiwe
As hul roep en praat met die son

Dra my deur die velde van verlange
Waar ‘n brug oor troebel water rus
Aan die kink van die veld ‘n reënboog
Help my soek waar vrede is

Daar's ‘n aardbol op ‘n stander wat pronk in my kantoor
Spinnend kyk wie’s volgende, wie gaan nog ‘n kind verloor?

Dra my deur die velde van verlange
Vind ‘n pad tussen spervuur deur
Volg die klank van tortelduiwe
As hul roep en praat met die son

Dra my deur die velde van verlange
Waar ‘n brug oor troebel water rus
Aan die kink van die veld ‘n reënboog
Help my soek waar vrede is

Hoeveel keer moet ‘n ster nog val?
En waar hy land die aarde brand
Dit wat lig moes gee word ‘n donker hel
Hoeveel keer nog, hoeveel keer nog
Hoeveel keer gaan ‘n ster nog val?

Dra my deur die velde van verlange
Vind 'n pad tussen fynbos deur
Aan die kink van die veld ‘n reënboog
Kom ons klim waar vrede rus
Kom ons klim waar liefde is

Beliebteste Lieder von André Schwartz

Andere Künstler von Crooner