Heeltemal Deurmekaar Verward

Bok Van Blerk, Herman Kleinhans

Stompie was 'n wilde wragtig
Meeste van die tyd vergeetagtig
Hou van bike ry en van vluitjie blaas
Het 'n vrou gehad maar haar misplaas

Gaan kuier gereeld by Groendakkies
Hy soek nog na sy vissie plakkies
Gediagnoseer met vergeet siekte
Het vir brannewyne 'n groot verliefde

Maar een ding is verseker hy's die sout van die Aarde
Hy't 'n hart van goud

Heelemal deurmekaar verward, weet nie lekker of hy kom of gaan
Kom ons steek inelkgeval 'n vuurtjie aan ons is mos almal hier nou vanaand
Aangename kennis en die nuwe mense ek like jou vellies en jou lense
Ons speel musiek vanuit die huis se venster

Laasweek was hy in die moeilikheid
Die gemeente het hom lekker skeef uitgekyk
Gedog hy is die dominee het begin preek
Agt-en-dertig gebooie voorgelees

Maar een ding is verseker hy's die sout van die Aarde
Hy't 'n hart van goud

Heelemal deurmekaar verward, weet nie lekker of hy kom of gaan
Kom ons steek inelkgeval 'n vuurtjie aan ons is mos almal nou hier vanaand
Aangename kennis en die nuwe mense ek like jou vellies en jou lense
Ons speel musiek vanuit die huis se venster

Is dit nou die Stormers of die Bulle
'n Week terug laas gedrink van sy pille
Vergeet waar hy sit, en vir wie hy skree
Gelukkig wen sy span dan nou elke keer

Maar een ding is verseker hy's die sout van die Aarde
En hy't 'n hart van goud

Heelemal deurmekaar verward, weet nie lekker of hy kom of gaan
Kom ons steek inelkgeval 'n vuurtjie aan ons is mos almal nou hier vanaand
Aangename kennis en die nuwe mense ek like jou vellies en jou lense
Ons speel musiek vanuit die huis se venster

Aangename kennis en die nuwe mense ek like jou vellies en jou lense
Ons speel musiek vanuit die huis se venster

Wissenswertes über das Lied Heeltemal Deurmekaar Verward von Bok Van Blerk

Wann wurde das Lied “Heeltemal Deurmekaar Verward” von Bok Van Blerk veröffentlicht?
Das Lied Heeltemal Deurmekaar Verward wurde im Jahr 2019, auf dem Album “Hoor Ons” veröffentlicht.
Wer hat das Lied “Heeltemal Deurmekaar Verward” von Bok Van Blerk komponiert?
Das Lied “Heeltemal Deurmekaar Verward” von Bok Van Blerk wurde von Bok Van Blerk, Herman Kleinhans komponiert.

Beliebteste Lieder von Bok Van Blerk

Andere Künstler von Pop rock