Voetspore

Bok Van Blerk, Loki Rothman

My seun jy sal eendag, jou eie voetspore moet trap
Weet die lewe gee nie om of jou voete daarin pas
Maar slegte goed gebeur wanneer jy dit die minste verwag
Jy sal een of ander tyd die pad sonder my moet stap

My seun jy sal moet leer om geduldig te wag
Daar's altyd 'n paar slaggate iewers in die pad
Jy wonder hoeveel keer gaan jy jou kop dan nou nog stamp
As daar een ding is wat jy saam met jou moet vat

Anker jou voete in die grond hou jou vlag hoog op
Daar het al reuse geval baie groter as ons
Jy sien die donker wolk en die storm waai jou om
Jy moet weet dis 'n teken dat die reën weer sal kom

Anker jou voete in die grond wees soos Dawid staan op

Jy gaan jou eie spore moet los, groter as die wat jy volg

My seun jy sal eendag verantwoordelikheid moet vat
Die lewe het sy oomblike, maar slaan jou soms dalk plat
Gaan loop maar al jou draaie, daar's klomp paaie om te vat
Maar as daar een ding is wat jy saam met jou moet vat

Anker jou voete in die grond hou jou vlag hoog op
Daar het al reuse geval baie groter as ons
Jy sien die donker wolk en die storm waai jou om
Jy moet weet dis 'n teken dat die reën weer sal kom

Anker jou voete in die grond wees soos Dawid staan op
Daar het al reuse geval baie groter as ons
Jy gaan jou eie spore moet los groter as die wat jy volg

Ek het gedink die lewe's lank
Die tyd is aan my kant
Gedink my pa sal tot die einde saam met my stap

Het gedink ek's klaar geleer
My kop genoeg gestamp
Maar as daar een ding is wat jy saam met jou moet vat

Anker jou voete in die grond hou jou vlag hoog op
Daar het al reuse geval baie groter as ons
Jy sien die donker wolk en die storm waai jou om
Jy moet weet dis 'n teken dat die reën weer sal kom

Anker jou voete in die grond wees soos Dawid staan op
Daar het al reuse geval baie groter as ons
Jy gaan jou eie spore moet los groter as die wat jy volg

Wissenswertes über das Lied Voetspore von Bok Van Blerk

Wann wurde das Lied “Voetspore” von Bok Van Blerk veröffentlicht?
Das Lied Voetspore wurde im Jahr 2019, auf dem Album “Hoor Ons” veröffentlicht.
Wer hat das Lied “Voetspore” von Bok Van Blerk komponiert?
Das Lied “Voetspore” von Bok Van Blerk wurde von Bok Van Blerk, Loki Rothman komponiert.

Beliebteste Lieder von Bok Van Blerk

Andere Künstler von Pop rock